Discussion about this post

User's avatar
Tish's avatar

I confess, I had to resort to an automatic translation app. because my matric level Afrikaans has failed me! Nevertheless thanks for a lovely read and the Vlierbessieblomstroop recipe x

Ron Smit's avatar

Haai Marita, dit is so lekker om jou ervarings en gevoelens (verleiding en verskrikking :).) oor Substack in Afrikaans te lees! Alhoewel ek 'n baie Afrikaanse opvoeding geniet het (Laerskool Dirkie Uys en Hoër Seunsskool Helpmekaar en Randse Afrikaanse Universiteit) kom my ouers uit Nederland en het ek altyd in 'n baie Engelse omgewing gewerk. Dus is dit vir my baie makliker om in Engels te skryf. Maar soms dink ek ook dit sou lekker wees om sommige stories in Afrikaans (en/of in Nederlands) te skryf. Het ook al gedink aan automatiese vertaling, maar dan sou ek dit self moet "edit" (wat is dit in Afrikaans?) om te sorg dat die vertaling dieselfde "voel" as die oorspronklike Engelse weergawe.

Ek moes ook bietjie lag oor jou "verleiding en verskrikking". Ek is nie opgelei as 'n skrywer nie, hou maar net daarvan om stories te vertel. Dit het ek begin doen op 'n Wordpress blog, maar dit het nie eintlik gegroei nie. Toe verhuis na medium.com, waar ek darem 'n klompie "followers" opgetel het. Maar die bietjie inkomste wat ontstaan het uit wanneer ander lede my stories lees, het nooit meer geword as my maandelikse koste om deel te neem nie. Dus toe het ek maar oorgeskuif na Substack, en al my dissipels saamgesleep hiernatoe :). Voorlopig is al my stories gratis, miskien kom daar eendag 'n boek met kortverhale wat ek dan kan probeer verkoop, wie weet. 'n Soort van memoir versameling, want my lewe in verskillende lande is soms snaakser en meer "weird" (wat is dit in Afrikaans?) as ander mense se fiksie!

In elk geval gaan ek aanhou om jou stories te lees (in Afrikaans of in Engels) dus hou asseblief aan skryf. Ek hoop die Substack verleiding het die verskrikking oorwin :).

8 more comments...

No posts

Ready for more?